Tygerberg Diere Hospitaal en Darling Diere Kliniek smelt saam

tahandddk

Die samesmelting van Tygerberg Diere Hospitaal (TAH) en Darling Diere Kliniek (DDK) beloof om ‘n gesonde verwikkeling te wees vir beide praktyke en hul kliënte. Die verandering is effektief vanaf Maart 2014. TAH en DDK is albei gevestigde parktyke wat jarelange versorging van troeteldiere, sowel as staatmakerdiens in Produksie Diere Medisyne, verskaf het.
lebron james nike
Met die samesmelting word daar verwag dat die Produksie Diere Eenheid, in terme van personeel, ekstra kundigheid en meer beskikbare diens aan die praktyk sal bied. Dit sal natuurlik ook sterker koopkrag te weeg bring as gevolg van die beginsel van “eenheid bied krag” en pryse aan boere kan beter gereguleer word. Dit sluit natuurlik ook beter diens, advies en plaasproduk-lewering in.

Die “nuwe” praktyk sal direkte toegang tot ‘n gesertifiseerde veearts laboratorium hê sodat vinnige uitslae in ‘n wye veld van laboratorium toetse, wat ook melk, mastitis monsters en metaboliese profiele insluit, gelewer sal word. Die laboratorium is onder die toesig van vier ervare veeartseny patoloë.
zoom lebron 4
Om hierdie rede sal daar dus ‘n wyer keuse van veeartse aan kliënte beskikbaar wees, maar boere is op die oomblik baie welkom om vir roetine werk hul bestaande veearts te gebruik.

Die Produksie Diere Eenheid se doel is om die dienste wat tans beskikbaar is uit te brei sodat kundige voeding- en metaboliese advies beskikbaar sal wees. Dit beteken dat produksie veeartse blootgestel word aan die nuutste navorsing en tegnologie. Hulle sal ook op deurentydse binne- en buitelandse opleidingsprogramme gestuur word.
nike zoom lebron
Omdat moderne plaasbestuur onder geweldige finansiële druk is in terme van profyt, sal die samesmelting beteken dat die nuutste en mees effektiewe dienste beskikbaar gestel word tot voordeel van die boeregemeenskap van die Koeberg area. Die Produksie Diere Eenheid sal in Durbanville, Darling en Moorreesburg gebaseer wees.

Die troeteldier-kant sal ook hierby baat: die kliënte sal toegang hê tot ‘n wye reeks van dienste, wat ‘n spesialis internis insluit. Die TAH chirurgie departement is alom bekend vir die hoogste standaarde in chirurgie met gesofistikeerde toerusting vir byna alle tipes prosedures. Boonop bied TAH se sentrale hospitaal in Bellville ‘n 24-uur moniteringsdiens vir pasiënte. ‘n 24-uur nooddiens met ‘n voltydse veearts en ‘n laboratorium is ook daar beskikbaar, asook ‘n rehabilitasie-area vir na-operasie pasiënte en ander soortgelyke gevalle. TAH verskaf ook ‘n wye verskydenheid dierekosse wat die gesondheid van troeteldiere bevorder.
nike free sale
Sien www.tah.co.za vir verdere inligting.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *